Friday 16 June 2017

Mikrogolfoond-bekerkoek

Iemand deel gister 'n mikrogolfoond-sjokoladekoek-in-'n-beker-resep.

Dit is só eenvoudig, die resep brand sommer in my geheue vas. Meng in 'n beker:

2 x eetlepels koekmeelblom
2 x eetlepels sjokoladepoeier
2 x eetlepels suiker
2 x eetlepels melk (ek het room gebruik)
1 x teelepel bakpoeier
1 knippie sout (my bydrae)
1 eier

Bak in die mikrogolfoond vir twee minute. (Ek het gevind twee minute en 20 sekondes werk beter.)

Die sjokolade koek het ek met groenteeroomys en vrugte geniet.


En toe vanaand is ek weer lus vir 'n middernagtelike nagereg. Ek het die sjokoladepoeier met kokosneutpoeier vervang. Die koek is in stukke gebreuk en met room, kersiestroop, en amandelgeursel bevogtig, en toe saam met die geurige koekstukke het ek ingelegde pynappel, gegemmerde waatlemoen, en versnipperde malva blare in 'n bakkie bedien. Genugtig was dit lekker!


Daardie reseppie is so eenvoudig, ek dink 'n mens kan allerande interesante konkoksies optower. In plaas van die sjokeladepoeier kan 'n mens ander droë bestandele gebruik om geur en kleur aan die koek te gee. Ek het kokosneutpoeier gebruik, maar ek dink 'n mens kan byvoorbeeld veromer, soos Cremora, gebruik vir 'n heerlike ryk wit sponskoek. Of as jy 'n kaneelkoek wil hê, kan jy moontlik 'n teelepel kaneel gebruik (met nog 'n teelepel koekmeel om die droeë bestandele eweredig te hou). Of 'n mens kan aan die natbestandele peuter -- vervang een teelepel melk met byvoorbeeld kersiesjerrie en bedien met kersies en room. (O aarde!) Miskien kan 'n mens in plaas van melk lemoensap gebruik, en dan ook lemoen zest by die beslag rasper om 'n heerlike lemoenkoek te kry. Moontlikhede is eindloos!

No comments: